NG Gemeentes Die Kruin & Parke se web tuiste.
Om Amajuba skool die beste skool in Newcastle te maak in terme van akademie, sowel as sport en kultuur.
The SAFP started with feeding projects in 2009 when we realised that children in our schools come to study on empty stomachs (Hungry)...



Skool Se Geskiedenis
|
Skool no. 5 (huidige Drakensberg Primêr) het sy ontstaan gehad in Januarie 1977 toe hy amptelik afgestig het van Park Senior Primêre Skool. Die rede hiervoor was die geweldige invloei van huisbewoners in Sunnyridge, Pionierpark en Schuinshoogte waar huise op 'n stadium teen 22 per dag voltooi is. Park Primêr het oorvol geword (900+ leerders en was oorwegend Afrikaanssprekend). Die meeste leerders was afkomstig uit genoemde woongebiede. Mnr M.C.S. de Witt (Skoolhoof) en lede van die Ouer Onderwysersvereniging het hulle beywer vir die afstigting van 'n Afrikaansmediumskool in die gebou (skool no. 5) wat aan die oprig was in Paddocklaan. Begin November 1976 is Departementeel toestemming verleen dat dit wel so kan gebeur. Die kompleks was egter nog nie klaar nie en die nuwe skool het sy ontstaan gehad in Januarie 1977 in die suid-oostelike vleuel van Hoërskool Ferrum (toe ook in sy babaskoene). Die naam "Skool no. 5" is aanvanklik behou (sogenoem omdat dit die vyfde primêre skool is wat gebou is aan die noordekant van die Ncandurivier). Amptelike opening van skool : 27 Maart 1980 deur Admiraal van Natal, mnr J.C.G. Botha. Skoollied : Musiek geskryf deur mev. P.E. Carstens, woorde geskryf deur mev. C. Botha. Woorde die eerste keer amptelik gesing deur die skoolkoor by die amptelike opening op 27 Maart 1980.
Simboliek van skoolhek Die twee suile van die hek versinnebeeld bepaalde gesigspunte, die hoë suil verteenwoordig die volwassene as opvoeder, naamlik die onderwyser en die ouer. Hulle reik uit na die kind, die laer suil aan die regterkant. Die twee suile staan ook in harmonie naas mekaar (naasteliefde). |
||

