
Graad 3EM Saalopening
Die Graad 3 leerlinge het van die Tien Plae in die Bybel geleer. Hulle het dit met die skool gedeel in saalopening. Bianca was Koning Farao, Francois en Ethan was Moses en Aaron. Die res van die klas het in groepe van twee die plae voorgestel en beskryf. Almal het dit geniet.



