NG Gemeentes Die Kruin & Parke se web tuiste.
Om Amajuba skool die beste skool in Newcastle te maak in terme van akademie, sowel as sport en kultuur.
The SAFP started with feeding projects in 2009 when we realised that children in our schools come to study on empty stomachs (Hungry)...



Drakensberg Primêre Skool


Mnr. Riaan du Plooy - Skoolhoof
Ons Visie
Drakensberg Primêre Skool stel hom ten doel om vanuit 'n holistiese benadering en op die grondslag van Christelike beginsels, die totale kind te vorm en voor te berei om sy plek in die samelewing vol te staan. Om hierdie ideale te bereik, verbind ons onsself tot die volgende doelstellings wat die misie van Drakensberg Primêre Skool is.
Ons Misie
Drakensberg Primêre Skool is 'n Afrikaanse Opvoedkundige- en Kultuursentrum wat primêr ten doel het om vanuit 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing, sy leerlinge met lewensvaardighede toe te rus.
ToetseDie week en volgende week se afbakenings vir u kind se toetse is beskikbaar onder "Akademie - Toetse" : Afbakening : LO 26 Augustus & Afbakening : SW 2 September
AtletiekbyeenkomsNeem asseblief kennis dat die Atletiekbyeenkoms wat Vrydag, 20 Aug. sou plaasvind, uitgestel is tot volgende Vrydag, 27 Augustus. KRIEKETDie krieketseisoen vir senior leerders begin eintlik eers in September. Op hierdie stadium oefen slegs die 0/13-span ter voorbereiding vir proewe (wat in die nette plaasvind) en vir ‘n toernooi in Dundee. The cricket season for seniors starts in September. At this stage only the u/13 team is practising to prepare for the trails as well as for a tournament at Dundee. Krieket : Drakies vs Piet RetiefDrakies het ‘n baie goeie dag beleef met die kolf asook op die veld. Ons wen die wedstryd oortuigend teen Piet Retief. Baie geluk aan al ons seuns en sterkte vir die res van die seisoen. Trompoppie-optrede21 Augustus : Cansa Relay for Life 28 Augustus : Klein Spoortjies Karnaval te NHS-gronde. ARE YOU SMARTER THAN A GR. 6 LEARNER? ST. DOMINICS : DINSDAGAAND, 3 AUGUSTUS 2010Namens die skool bedank ons die onderstaande ouers en leerders KwêvoëlDit is beskikbaar by mev. Schröder. Kleur : R10. Swart en wit: R6. REDENAARSBaie geluk aan ons 6 sprekers wat die 30ste Julie aan die halfeindrondte te Ladysmith gaan deelneem het. Chanelle-Marié Koen, Yvonne Venter, Anél Volschenk, Lindy Theunissen, Nicole Downs en Gerrit Scheepers, ons is baie trots op julle! SMS-NETWERK/SMS NETWORKEk doen ‘n beroep op alle ouers wat nog nie vir die skool SMS-diens geregistreer het nie, om dit asseblief so spoedig moontlik te doen. Die landwye staatsdiensstaking blyk onafwendbaar te wees en in die verlede was die SMS-stelsel die akkuraatste manier om ouers op hoogte te hou van verwikkelinge. Prys: R40 per selfoonnommer. A serious call on all our parents: Please register for the school’s SMS-service. The country wide strike seems to be inevitable and this is the easiest way to contact you. Price : R40 per cellphone number. Send your name, number and money to the office. INTERHUISATLETIEKBYEENKOMS – VRYDAG, 20 AUG. 2010Ons benodig dringend beamptes vir die byeenkoms vanaf 7:30 – 14:00. Stuur asseblief u naam na mej. Muller. U hulp sal waardeer word. Oefeninge het reeds met alle erns begin. Daar is egter ‘n baie hoë afwesigheidsfaktor wat ‘n suksesvolle seisoen in die wiele gaan ry. Ouers, ondersteun asseblief die skool deur u kinders te inspireer en te motiveer, én te verplig om deel te neem. Ons almal weet dit is slegs tot ons kinders se voordeel. |


