
Wat bied ons?
BUSVERVOER
Drakensberg Primêre Skool is in die bevoorregte posisie om van sy eie busvervoerstelsel gebruik te maak. Leerders koop ‘n bekostigbare buskaartjie by die kantoor. Veilige toesig word op die bus/kombi’s verseker asook ‘n streng gedragskode wat gevolg word. Busbestuurders beskik ook almal oor ‘n PDP-lisensie. Drakensberg Primêr se bus/kombi’s word ook aan ander instansies verhuur.
CARPE DIEM 2009
Carpe Diem is ‘n Christelike dansgroep by Drakensberg Primêre Skool. Daar word danse met vlae en tamboryne asook lofprysing gedoen.
Capre Diem tree by verskillende geleenthede op.
DRAKIES FOR JESUS
The work method of the last 2 terms was very successful. Mostly Steven van Aswegen from Kruin Church visited us. Alternatively we invited different people to deliver the Lord’s message. We will continue in the same way in 2010.
Seniorkoor
Die Seniorkoor o.l.v. mev. A. Schutte met begeleiding deur mev. J. Mason, bestaan uit 60 koorlede vanaf graad 4 tot 7. Die koor het by verskeie geleenthede opgetree o.a. kerke, die Koorfees en die Môrester Karnaval.
17 Koorlede sal tydens die akademiese prysuitdeling sertifikate ontvang omdat hulle 3 jaar lid van die koor was. Ons hoofdogter, Marina Minnie, is al 4 jaar lid van die koor.
Drakensberg Juniorkoor
Die Juniorkoor o.l.v. mev. I. Meyer met begeleiding deur mev. A. Schutte, bestaan uit 45 koorlede vanaf graad 1 tot 3. Hierdie koor steel harte waar hulle optree. Met hul netjiese koorklere, suiwer stemmetjies en gepaste bewegings maak hulle ‘n baie goeie indruk.
Kultuur
Kultuuraktiwiteite by Drakensberg is ‘n hoë prioriteit.
Ons leerders het blootstelling op die volgende terreine ontvang: sang, danse, redenaarvoering en drama.
Hoogtepunte was:
- Vyf graad 7-leerders het in April aan die ATKV-redenaarskompetisie te Vryheid deelgeneem.
- Die Junior en Senior kore het by verskeie geleenthede o.a. die Koorfees en die Môrester Karnaval opgetree.
- Die Carpe Diem-dansgroep het op uitnodiging ‘n baie besige jaar beleef. Hulle het by kerke en feeste opgetree en selfs in Pretoria aan die Halleluja-fees deelgeneem.
- Ons revue, Kinkel Seisoene, het ons stoutste verwagtinge oortref.
- In die kuns en kultuurklas het die leerders blootstelling aan toneel/drama gekry.
Drakie-kultuur word onomwonde as ‘n opvoedingstaak beskou!


